Potch Geesfees 2025: Sport en Speletjies op Lekwena
- Amanda Bekker
- Aug 25
- 2 min read
Die Potch Geesfees is terug op 29 en 30 Augustus 2025, en hierdie keer bring dit van die mees unieke en lekker aktiwiteite na Lekwena buite Potchefstroom. Van tradisionele jukskei tot die nuwe gewilde padel tennis, daar’s iets vir almal wat lus is vir ’n bietjie beweging én geselskap.
Jukskei vir die hele gesin
Jukskei is nie sommer net ’n speletjie nie, dit’s deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis. Met sy oorsprong by die Voortrekkers en hul ossewaens, het dit ontwikkel tot ’n sport waar ’n mens ’n ‘skey’ (daai houtpen van ’n osjuk) probeer gooi so na as moontlik aan ’n paal, of sommer die paal self om te gooi.
Wat jukskei lekker maak, is dat enige iemand kan deelneem. Jong, oud, beginners of kenners, dis eintlik meer oor die vibe as oor wie wen. By die Potch Geesfees gaan dit juis oor daardie saam speel en saam lag.

Padel Tennis: Probeer iets nuuts
Vir dié wat lus is vir iets met ’n bietjie meer “modern flair”, is padel tennis ook op die program. Die baan by Lekwena wag vir spelers wat die sport al ken én vir diegene wat nog net daarvan gehoor het.
’n Speel-sessie kos R200 vir 30 minute, en die padels is daar beskikbaar by die baan, jy hoef nie jou eie te bring nie. Dis ’n lekker kans om te sien waaroor almal praat en om iets anders as gewone tennis of squash te probeer.

Waar en wanneer
Die aksie gaan afspeel op 29 en 30 Augustus 2025 by Lekwena, Potchefstroom. Kaartjies beskikbaar by Tixsa. Kaartjies sal ook beskikbaar wees by die hekke, so niemand hoef agter te bly nie.
Het jy geweet?
Jukskei is een van die oudste sporte wat in Suid-Afrika gespeel word.
Padel tennis word beskou as die vinnigste groeiende raketsport wêreldwyd.
Die Geesfees bring albei saam op een plek – tradisie en modern sport langs mekaar.
Of jy nou hou van ’n houtpen gooi of met ’n raket agter ’n bal aanhardloop, die Potch Geesfees se sport-aktiwiteite beloof om ’n gemaklike, lekker kuierervaring te wees.
👉 Nou’s die vraag: gaan jy jou skei gooi of jou padel swing?
Comments