top of page

The Gazette

Potch Geesfees laat nuwe lewe op N12 blom

Met vanjaar se tema het die Potch Geesfees span een doel voor oë gehad - om werklik terug te ploeg in die Potchefstroom gemeenskap. En nou, ses weke later, het die terugploeg eindelik begin. 


Foto (Verskaf): Dié dames is nie bang om vuil te word nie
Foto (Verskaf): Dié dames is nie bang om vuil te word nie

Plan van aksie

‘n Hele paar organisasies het hande gevat met Potch Geesfees en op Vrydag, 3 Oktober, het vrywilligers, elk met ‘n swartsak in die hand, die middelmanne op die N12 begin skoonmaak. Dít was slegs stap een. Die volgende stap was om die grond voor te berei met die doel om vier tuine te skep. Die span het lekker saamgewerk en kort voor lank was die grond voorberei en het almal gehoop en bid vir ‘n goeie reënbui. Die volgende dag is die beddings verfraai en dié 'waterwise garden' is ‘n baie vriendeliker gesig wat besoekers nou in Potchefstroom verwelkom. 


ree

'n Woord van dank

Hierdie projekte kan nie sonder die hulp van vrywilligers gedoen word nie en ‘n woord van dank gaan uit aan die volgende rolspelers: 


  • Kooperasie Kroeg en Kos 

  • Meerkat Online Auctions 

  • Klinkies Potchefstroom 

  • AfriForum Buurtspan 

  • The Go-To Guy 

  • Jonssons Workwear 

  • Love Potch 

  • OMV Cruisers


Guanoboost het ook hand opgesteek, en hulle het 25L vloeibare kunsmis geskenk om die plante mooi aan te help nadat dit geplant is. ALS het ook natuurlik ingespring en het die watergeute langs die N12 skoongemaak. Hulle het ‘n ekstra span van 10 mense gehad wat Maandag (6 Oktober) papiere opgetel en verder skoongemaak het. Teen druktyd was dié span steeds besig om gras te sny op die N12 en ‘n tuinman was besig om die laaste beddings se vuilgoed uit te skoffel.


Om maatskappye en individue te sien wat nie bang is om letterlik hul hande vuil te maak met inisiatiewe soos dié, is ‘n riem onder die hart.


_____________________________________

Johané van Dyk - Potchefstroom


Foto's en video's van die projek

*Alle foto's verskaf deur Potch Geesfees



ree

ree

ree


ree

ree

ree


Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page