Route 96 vier Vrouedag met George & Yolandi en 'n pink shooter of twee - 9 Augustus
- Amanda Bekker

- Aug 7, 2025
- 2 min read
Vrouedag val hierdie jaar op 'n Saterdag, en Route 96 Brewery weet presies hoe om dit te vier. Dis nie net blomme en speeches nie, dis ‘n dag vol musiek, rugby, shooters en goeie vibes op Plot 96 buite Potch.
Gratis pink shooter vir dames
Op 9 Augustus 2025 kry alle dames 18 jaar en ouer ’n gratis “pink pilletjie shooter” net vir opdaag. Ja, reg gehoor. Jy hoef nie eers te glimlag nie, al is dit aanbeveel.
Dis Route 96 se manier om vroue te vier: bietjie anders, bietjie quirky, maar altyd met styl.
George & Yolandi bring die musiek
Van 14:00 tot 19:00 sal George & Yolandi die verhoog oorneem. As jy hulle al gehoor het, weet jy dis nie net cover songs en backing tracks nie, hulle bring daai egte plaas vibes saam met ‘n paar verrassingstreffers.
Dis die tipe musiek wat jy wil hoor saam met ‘n yskoue bier in die hand en ‘n tjop op die kole.
Wat om te verwag
📍 Venue: Route 96 Brewery, Plot 96, Potchefstroom Rural 2
🍗 Buffalo wings specials (vir die honger lywe)
🍺 Craft bier en gin (natuurlik)
📺 Rugby op die groot skerms
🎶 Musiek regdeur die middag
🎟️ Gratis toegang – geen kaartjies nodig nie
Dis basically ‘n mini fees, sonder die drama of toue by die hekke.
As jy op Vrouedag iets soek wat nie klink soos ‘n lang toespraak in ‘n saal nie, is Route 96 die regte plek. Jy’t ‘n span vriende, musiek wat klop, ’n shooter op aankoms en dalk ‘n dansie of twee in die pad.
Vat daai pink pilletjie, skree vir jou span op die skerm, en sing saam met George & Yolandi. Dis mos nou hoe ons in Potch Vrouedag vier.




I would like to sincerely recommend NaturePath Herbal Clinic based on my personal experience.
I was diagnosed with Amyotrophic Lateral Sclerosis four years ago. Despite following prescribed treatments for over two years, my condition gradually became more difficult to manage. I experienced increasing muscle weakness, fatigue, and challenges with everyday activities.
Seeking additional support, I decided to try the herbal program from NaturePath Herbal Clinic. Although I was initially skeptical, I began to notice positive changes within a few months. My energy levels improved, I felt more comfortable physically, and I was better able to manage daily tasks.
This experience has made a meaningful difference in my overall well-being, and I truly appreciate the support I received throughout the process.