TOKKIE SWEM – ’n Afskeid aan Sterre onder die Water!
- Yolandi Botes

- Nov 14, 2025
- 1 min read
💦 🏊♂️💙💦 🏊♂️💙💦 🏊♂️💙💦 🏊♂️💙
Totsiens, Graad 7’s – julle laat nie net nat spore nie, maar goue spore in Tokkie-geskiedenis!
Met baie trots en ’n bietjie trane neem ons afskeid van ons ongelooflike o/13-swemmers, wat hul laerskool-swembaan op ’n ware hoogtepunt afsluit:
💙 Christiaan Liebenberg
💙 Stéphan Terblanche
💙 Nicoline du Preez
💙 Mienke Rutherford

Hierdie vier Tokkies het van Graad 1 af hul swemspore begin maak, en vandag, sewe jaar later, wys hulle trots hul goedverdiende toekennings, elkeen ’n bewys van uithouvermoë, volgehoue toewyding, spanliefde en ware Tokkie-gees!
Ons sê nie net totsiens aan uitstaande swemmers nie, maar aan jong leiers wat vir ander ’n voorbeeld gestel het van wat dit beteken om met hart en siel vir jou skool te swem. Mag julle in hoërskool voortgaan om golwe te maak, in die swembad én in die lewe. 🌊✨









Comments