Vadersdag Spitbraai by Biki Byte Bistro: ‘n Lekker kuierplek vir die hele gesin - 15 Junie
- Amanda Bekker
- Jun 4
- 1 min read
Op Sondag, 15 Junie, hou Biki Byte Bistro ‘n spesiale Vadersdag Spitbraai van 12:00 tot 16:00 by hulle plek in Lindequesdrif. Dis die ideale geleentheid om vir Pa ‘n lekker bederf te gee, en ja, daar’s genoeg kos om almal se magies vol te maak!
Wat eet ons vir R240 per persoon?
Vir R240 per kop kan jy jou hartjie uit eet. Die spyskaart is ‘n fees: lam, bees, vark, en vir die wat daarvan hou, gerookte worsies en buffalo hoendervlerkies. Daar’s ook ‘n bietjie plaaslike flair met paptert en klein aartappels. Broodrolletjies, groenslaai en koolslaai sorg vir die vars kant. En moenie die lekker nagereg vergeet nie, malva poeding met roomys en vla!
Burger- en Kinderopsies
Vir die wat nie lus is vir spitbraai nie, is daar ook ‘n burger spyskaart beskikbaar. Die kinders hoef ook nie agter te bly nie, daar’s ‘n kinder spyskaart sodat hulle ook kan saam smul.
Troeteldiere welkom
Hondekinders is welkom om hulle mens-pappas te vergesel, solank hulle op ‘n leiband is. Dis mos ‘n familie dag, so bring sommer almal saam!
Waar en Hoe om te bespreek
Die spitbraai word by Plot 98 Delver Street, Lindequesdrif aangebied. Jy moet wel bespreek om jou plek te verseker. Kontak hulle by 071-684-1896 of 082-455-4949 om jou plek te bespreek.
Vaderdag is daar om Pa te bederf, so los die braaipakkie en kom kuier saam by Biki Byte Bistro.

Comments