Van Een Man tot 'n Hele Span - Die Suksesverhaal van Straight A's Tutoring
- Amanda Bekker

- 2 days ago
- 3 min read
Dit is uitdagend vir onderwysers om individuele aandag aan elke leerder te gee wanneer klasse uit 30 tot 40 leerders bestaan. As onderwysstudent aan die Noordwes-Universiteit het Jadeane Engelbrecht hierdie realiteit eerstehands in die klaskamer gesien. Sy het besef dat onderwysers weens die groot klasgroottes dikwels nie op elke kind se unieke akademiese behoeftes kan fokus nie.

Met hierdie uitdaging in gedagte het sy in 2024 'n blink plan gemaak en Straight A's Tutoring gestig. Wat begin het as iets klein, met net een tutor, het vinnig in 'n groot suksesverhaal verander. Vandag is Straight A's Tutoring'n passievolle span van meer as 20 tutors wat leerders van Graad 1 tot Graad 12 ondersteun in Potchefstroom, Klerksdorp en Parys. Soos gesien kan word in die foto, is hierdie span gereed om hand by te sit.

Meer as Net Punte: Die Impak op Leerders se Lewens
Die filosofie agter Straight A's Tutoring is eenvoudig: elke kind leer anders. Niemand behoort agter te raak net omdat hulle 'n bietjie meer tyd nodig het om 'n moeilike konsep te verstaan nie. Hoewel die punte weerspieël dat die stelsel werk, met leerders wat binne een kwartaal van 'n gemiddeld van 52% tot 'n indrukwekkende 87% opskiet, gaan dit oor baie meer as net die rapport.
Die regte impak lê in die selfvertroue wat gebou word. Die ware sukses is wanneer 'n leerder nie meer met 'n knop in die maag of vol angs skool toe loop nie, maar begin glo in hul eie vermoëns. Straight A's Tutoring bied ook spesifieke akademiese mentorskap en ondersteuning vir leerders met unieke uitdagings soos ADHD, disleksie en konsentrasie-probleme.
Verligting vir Besige Ouers en Gesinne
Kom ons wees eerlik, ouers se skedules deesdae is propvol. Teen die tyd dat jy klaar gewerk het, kos gemaak het en deur die verkeer gebeur het, is die laaste ding waarvoor jy tyd het om nog as 'n taxi vir ekstra klasse te speel. Straight A's Tutoring verstaan hierdie daaglikse stryd en bring die oplossing reguit na die gesin se voordeur toe.
Hulle bied kontak tutoring in die gemak van die leerder se eie huis aan. Dit spaar ouers baie tyd en rywerk, en die kinders leer sommer baie makliker as hulle in hul eie, bekende omgewing is. Vir diegene wat dalk te ver bly of bloot die digitale roete verkies, is daar ook aanlyn tutoring beskikbaar via platforms soos WhatsApp, Zoom of Teams. Solank die internet-konneksie in die huis net mooi saamspeel, is die tutors reg om te help.
Die Tutors en Hul Gereedskapskis
Die span bestaan grootliks uit universiteitstudente wat rigtings soos onderwys, wiskunde, tale, rekeningkunde en wetenskappe studeer. Hulle is nie net slimkop-studente nie, maar word gekies omdat hulle geduldig en passievol is oor kinders se ontwikkeling.
Om seker te maak leerders vaar goed met hul eksamenvoorbereiding en huiswerk, verskaf Straight A's Tutoring ook omvattende, gestruktureerde studienotas vir Graad 1 tot 12. Hierdie notas help met hersiening en studievaardighede, selfs wanneer die tutor nie fisies daar is nie. Die kleurvolle promosie-materiaal wys duidelik hoe hierdie kombinasie van struktuur en ondersteuning werk om bekostigbare en kwaliteit akademiese hulp te verseker.

Groot Drome vir die Toekoms
Die vinnige groei van Straight A's Tutoring wys net hoe groot die behoefte aan persoonlike akademiese hulp in Suid-Afrika is. Die vertroue wat plaaslike gesinne in die span plaas, dryf hulle om nog groter te droom.
Die langtermyn-doelwit is om uiteindelik 'n toegewyde akademiese sentrum te stig. Dit sal funksioneer as 'n veilige leeromgewing waar leerders direk toegang kan kry tot topgehalte hulpbronne en ondersteuning. Vir nou gaan die span egter voort om daagliks huishoudings te transformeer, een tuisles op 'n slag.
As jy met die span wil gesels of hulp benodig vir jou kind, kan jy hulle kontak op:
Telefoon: 064 805 4523
Facebook: Straight A's Tutoring




Comments