Volkies se o.16-krieketspan wys klas by Gimmie-toernooi!
- Yolandi Botes

- 5d
- 2 min read
🏏 💪🏏 💪🏏 💪🏏 💪🏏 💪
Tydens die vakansie het Volkies Potchefstroom se o.16-seunsspan aan die Gimmie Kriekettoernooi deelgeneem, en met sterk spanwerk en uitsonderlike individuele vertonings het hulle indrukwekkende resultate behaal.

Die span het 6 uit hul 8 wedstryde gewen, met oorwinnings teen Wesvalia, Kempton Park, Monument, KHS en Leeuwenhof. Hierdie konsekwente spel het vir Volkies ’n 3de plek uit 8 deelnemende skole besorg,’n prestasie waarop die span met reg trots kan wees.
🌟 Uitblinkers met die kolf en bal
Met die kolf het Riekert Kruger en A.W. van der Merwe uitgestaan deur albei meer as 220 lopies tydens die toernooi aan te teken. A.W. was veral op sy beste, en het die meeste sesse van die toernooi geslaan. Sy ongelooflike 100-tal van slegs 60 balle teen Kempton Park was nie net ’n hoogtepunt vir Volkies nie, maar ook die hoogste individuele telling van die toernooi. 🏆
Met die bal het Eizer Behrens en Jordan Jerling puik vertonings gelewer. Jordan het sy merk gemaak met ’n indrukwekkende 5 paaltjies vir net 8 lopies teen Wesvalia, wat gehelp het om die teenstanders vir net 27 lopies uit te haal,’n prestasie wat beslis onthou sal word!
👏Spanpoging en trots
Die span se sukses is die resultaat van goeie afrigting, spangees en toewyding. Hierdie jong spelers het nie net hul eie talent gewys nie, maar ook die harde werk en ondersteuning van hul afrigters in dade omgesit. Baie geluk aan die spelers en afrigters met hierdie uitstekende prestasies!
Deel Jou Storie
Het jy ’n sport- of kultuurhoogtepunt wat jy met die gemeenskap wil deel? The Go-To Guy se joernalistieke span is hier om dit wyer te vertel. Ons vertel jou storie.
Oor The Go-To Guy
The Go-To Guy (www.thegotoguy.co.za en www.potchefstroom.com) is jou digitale inligtingsentrum met meer as 75,000 maandelikse bladsybesoeke. Ons dek plaaslike nuus, sport en skole via The Gazette, en bied ’n aktiewe besigheidsgids met meer as 2,500 ondernemings en ’n uiters gewilde gebeurteniskalender.
Met ons groeiende sosiale media-platforms, Facebook (77,000+ volgers) en TikTok (2 miljoen kyke), help ons om plaaslike stories verder te neem as ooit.
Ons vertel jou stories.
The Go-To Guy Kommersiële Pakkette
Herhalende Pakkette – ’n Tuiste vir jou Besigheid
Business Card Standard (Gratis): Basiese besigheidslys.
Business Card Plus (R50 p.m.): Verifikasie en ’n uitgebreide profiel.
Maandelikse Bemarkingspakkette
Starter Package (R499 p.m.): Webbie Page, Gazette-profiel, 1 gratis gebeurtenislysing, en Facebook-boosts.
Growth Package (R1,499 p.m.): Meer advertensie-ure, eie rekeningbestuurder en navorsingsfunksies.
Premium Package (R4,499 p.m.): Alles-insluitende bemarking, video-inhoud, strategiese promosie en live onderhoude.
Addisionele Dienste
Sosiale media bestuur, Google Ads, TikTok-promosies.
Eenmalige Opsies
Video-advertensies vanaf R2,000, vertoonadvertensies vir R750









Comments