top of page

The Gazette

Waar gees en groen vingers saamwerk: Die Tuine-projek floreer

Die Geesfees komitee het amptelik Fase twee van die Tuine-projek afgeskop! 


Beeld: The Go-To Guy Creations
Beeld: The Go-To Guy Creations

Dit is reeds ‘n maand vanaf die eerste fase van dié opwindende projek geloods is en die verskil wat die vrolike tuine langs die N12 maak, is noemenswaardig. Die afgelope vier weke het verskeie individue en maatskappye ‘n helpende hand uitgestrek om die dorp verder te verfraai, veral die nuwe waterwise tuine voor Kooperasie Kroeg en Kos.


In ‘n vorige artikel het Leanie van Ronge, een van die voorloper vrywilligers (en die een met die groen vingers), genoem dat hierdie nie net ‘n ‘one-and-done’ projek is nie, maar wel ‘n deurlopende een. Dit is juis waar die gemeenskap nou betrokke kan raak en ‘n bydra lewer. Die span benodig nog ‘klein’ vetplante vir die tuine. Dié plantjies sal as grondbedekking dien en sal ook help om die tuine voller en fraaier te maak.  “Die idee (en hoop) is om darem teen Vrydagmiddag na 16h00 al ‘n lekker hoeveelheid plante te hê wat ons kan gaan plant in die tuine wat gereed is vir kleiner plante.” 


Beeld (Verskaf): Potch Geesfees
Beeld (Verskaf): Potch Geesfees

Twee van die drie tuine kort nog groot houtstompe voordat hulle ook klaargemaak kan word. Indien jy met óf vetplante óf houtstompe kan help, gaan laai dit gerus agter Kooperasie Kroeg en Kos af. Enige verdere navrae kan aan Leanie van Ronge gerig word by: 072 314 1774. 


Kom ons help om die verwelkomende gesig van Potchefstroom ‘n vriendeliker, fraaier een te maak. 


Johané van Dyk - Potchefstroom



 
 
 

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page