Wessie-swemmers Gereed vir die Groot NW-Inter
- Yolandi Botes

- Feb 11
- 1 min read
Die water gaan vandag kook wanneer die swemmers van Hoërskool Wesvalia in die swembad spring vir die hoogs mededingende Noordwes Swem-Inter. Dit is een van die belangrikste kragmetings op die swemkalender, waar die Wessies hul staal gaan wys teen die topswemmers van 12 ander skole.

Sterkte aan die Wessies
Om teen soveel ander skole mee te ding, verg nie net spoed en tegniek nie, maar ook groot uithouvermoë en fokus. Die skoolgemeenskap wens elke swemmer,van die juniors tot die seniors, alle sterkte toe. Of dit nou vryslag, rugslag, borsslag of vlinderslag is, ons weet julle gaan elke lengte met passie aanpak.
Gaan voluit, Wessies! Laat elke wegstoot en elke draai tel. Ons staan bankvas agter julle.




Comments