top of page

The Gazette

Winter Wyn Wandel Kom Potch Toe - Wat Jy Moet Weet - 30 Mei

May 6, 2025
2 min read

Die NG Kerk Miederpark bring vir die heel eerste keer iets anders na Potchefstroom toe – dis die Winter Wyn Wandel @ Potch Miederpark, en dit gebeur op 30 Mei 2025 van 17:00 tot 21:00. Dis nie jou gewone kerkbasaar nie, hier gaan wynglase klink, mense kuier en 16 wynplase bring hul beste bottels saam.


Waar en Wanneer?

Die wynroete loop reg in Miederpark af, by Aarbeilaan 22, Potchefstroom. Dis ‘n Vrydagaand plan wat jy nie wil mis nie, geen formele rokke of deftige wynkenners nodig nie, net ‘n liefde vir goeie wyn en beter geselskap.


Wat kos dit?

Vir R250 per persoon kry jy:

  • ‘n Geskenkpakkie

  • ‘n Wynglas wat jy kan huis toe neem

  • En natuurlik toegang tot al die wynproe van 16 verskillende wynplase


Die kaartjie is eintlik amper 'n winskoop as jy dink aan die hoeveelheid wyn wat op jou wag.


Waar koop jy kaartjies?

Daar’s twee plekke om jou kaartjie te kry:

  • Die Miederpark Gemeente Kantoor by Aarbeilaan 22 (oop Maandag tot Vrydag, 08:00 – 13:00)

  • Of Suidsentrum Blue Bottle (vir diegene wat dalk alreeds daar ‘n bottel of twee gaan koop het)


Hoekom jy moet gaan?

Hier’s nie speeches of formaliteite nie,dis ‘n kuier. Jy vat jou wynglas, loop van stasie tot stasie, proe wyn, vra vrae, en as jy gelukkig is, kry jy dalk ‘n nuwe gunsteling wynplaas. En moenie worry as jy nie al die wyne ken nie, dis juis die punt.


So ja, as jy in Potch is, of net lus is vir iets anders as braaivleis op ‘n Vrydagaand, sit hierdie een in jou kalender.


Tot dan, bring net jouself en ‘n goeie humeur. Die wyn sal die res doen.


1 Comment

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating
Robert6
Robert6
Apr 24
Rated 4 out of 5 stars.

I would like to sincerely recommend NaturePath Herbal Clinic based on my personal experience.

I was diagnosed with Amyotrophic Lateral Sclerosis four years ago. Despite following prescribed treatments for over two years, my condition gradually became more difficult to manage. I experienced increasing muscle weakness, fatigue, and challenges with everyday activities.

Seeking additional support, I decided to try the herbal program from NaturePath Herbal Clinic. Although I was initially skeptical, I began to notice positive changes within a few months. My energy levels improved, I felt more comfortable physically, and I was better able to manage daily tasks.

This experience has made a meaningful difference in my overall well-being, and I truly appreciate the support I received throughout the process.

Like

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page