Stroom Stories- Flo-Tek
Welkom by nog 'n episode van Stroom Stories! In hierdie live stream gesels ons met Monique Terblanche van Flotek North West. Flo-Tek is een van die top vervaardigers en verkopers van alles van pype af tot Incco produkte. Jou one-stop shop.
Monique deel insiggewende inligting oor Flo-Tek se agtergrond, die verskeie sektore wat hulle bedien, en hoe hulle die hoogste kwaliteit van hulle produkte verseker. Ons ondersoek ook die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het en die belangrike rol wat volhoubaarheid in hul besigheid speel.
Ons gesels ook oor Flo-Tek se opwindende Lentefees wat op 6 September gaan plaasvind. Dit beloof om 'n dag vol pret vir die hele gesin te wees met 'n potjiekos kompetisie, 'n pop-a-balloon kompetisie, kosstalletjies, en 'n springkasteel vir die kinders.





