The Go-To Guy bied aan: Potch Social by die VARSmark Deel 3
In hierdie derde en laaste deel van ons toer by die VARSmark, wys Drikus Viljoen vir ons nog meer unieke en smaaklike stalletjies! Hy gesels met Hello Daisy, wat heerlike kaas, jogurt, en ander melkprodukte verkoop, en met EMJi CAKE TIN, wat smaakvolle koeke en baksels aanbied.
Daarna ontmoet hy die verkopers by Greek Delight, wat tradisionele Griekse kosse aanbied, Uit Ouma se Spens, wat gebottelde en ingelegde produkte verkoop, en JR Creations, wat pragtige scrunchies, hoedens, en ander handgemaakte haarbykomstighede verkoop.
Hy maak ook n draai by Lekker Eenvoudige Geel Perskes, wat gedroogde geel perskes, wortelkoek, en beskuit verkoop. Verder praat hy met Die Braai Broers, wat enigiets en alles op die braai meesterlik voorberei , en die Jaffel Stalletjie, waar jy egte, smaakvolle jaffels kan kry.