top of page

Stroom Stories

Stroom Stories- Flo-Tek

Description:

Welkom by nog 'n episode van Stroom Stories! In hierdie live stream gesels ons met Monique Terblanche van Flotek North West. Flo-Tek is een van die top vervaardigers en verkopers van alles van pype af tot Incco produkte. Jou one-stop shop. Monique deel insiggewende inligting oor Flo-Tek se agtergrond, die verskeie sektore wat hulle bedien, en hoe hulle die hoogste kwaliteit van hulle produkte verseker. Ons ondersoek ook die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het en die belangrike rol wat volhoubaarheid in hul besigheid speel. Ons gesels ook oor Flo-Tek se opwindende Lentefees wat op 6 September gaan plaasvind. Dit beloof om 'n dag vol pret vir die hele gesin te wees met 'n potjiekos kompetisie, 'n pop-a-balloon kompetisie, kosstalletjies, en 'n springkasteel vir die kinders.

Stroom Stories- Brendali Theron

Description:

Welkom by nog 'n kragtige episode van Stroom Stories! In vandag se onderhoud het ons die ongelooflike voorreg gehad om met Brendali Theron te gesels, die wêreld se sterkste vrou. Brendali deel haar inspirerende reis van hoe sy die titel van World’s Strongest Woman gewen het, en gee ons 'n kyk na haar uitdagings, oorwinnings, en die harde werk wat agter haar sukses sit.

Stroom Stories- Rugby Raas Ep.9

Description:

Drikus Viljoen gesles diep met Ronaldo de Lima, die 1ste span se heelagter. Hy maak oop oor sy stryd teen dwelmverslawing en die moeilike pad wat hy moes stap om daaruit te kom. Hierdie is 'n kragtige storie van oorwinning en hoop wat jy beslis wil hoor.

Stroom Stories- GP van Rheede

Description:

Welkom by 'n inspirerende episode van Stroom Stories! In vandag se onderhoud gesels ons met die uitmuntende GP van Rheede van Oudtshoorn, 'n internasionale motiveringspreker en besigheidspesialis van Coppertop Consulting. Met meer as 25 jaar ervaring in korporatiewe kommunikasie en strategie, deel GP sy insigte oor hoe positiewe kommunikasie energie besighede kan transformeer. Kom luister hoe GP sy unieke benadering tot motivering, humor en praktiese advies verduidelik, en ontdek hoe jy jou besigheid en span na die volgende vlak kan neem. Hierdie onderhoud is vol waardevolle lesse en stories wat jou beslis sal inspireer om anders oor kommunikasie en leierskap te dink.

Stroom Stories- Alabama Dream

Description:

In ons nuutste episode op Stroom Stories, ontmoet ons Brent en Lorette Kozak van die musiekduo Alabama Dream. Luister hoe hulle hul passie vir musiek deel, insigte gee in hul kreatiewe prosesse, en vertel van hul musikale reis van die Tuinroete tot in Parys. Brent en Lorette verduidelik ook hoe hulle hul liefde vir genres soos jazz en blues met hul gehore deel. Sluit by ons aan vir 'n intieme kykie in die lewens van hierdie talentvolle musikante en hul invloed op die Suid-Afrikaanse musiektoneel.

Stroom Stories- Rugby Raas Ep. 7

Description:

Die week gesels Drikus Viljoen met Victer Vlok, 1ste span skrumskakel, en Franco van Niekerk, 2de span losskakel van Potchefstroom Dorp Rugby Klub.

Stroom Stories- Rugby Raas Ep.10

Description:

In hierdie episode van Rugby Raas op Stroom Stories gesels Drikus Viljoen met twee spesiale gaste. Coenie Luus, 'n legende van Eastvaal en oud Potch Dorp Rugby speler wat van 1998 tot 2010 gespeel het en wat tans een van Potch Dorp se top borge is. Coenie deel sy rykdom van ervaring en insigte oor die sport. En Piet Jordaan, 'n oud Potch Dorp Rugby speler wat van 1986 tot 1992 op die veld was en as afrigter in 1993/94 gedien het, wat tans op die bestuur van Potch Dorp Rugby Klub as Sekretaris dien. Hy deel sy uitgebreide kennis en stories oor rugby.

Stroom Stories- Temieke Streicher

Description:

Welkom by nog 'n inspirerende episode van Stroom Stories! In vandag se onderhoud het ons die voorreg gehad om met Temieke Streicher te gesels, die stigter van die Power to You Foundation en die inisieerder van die Courageous Girl Project. Temieke deel haar ongelooflike reis en die visie agter haar werk. Ons bespreek die doelwitte van die Power to You Foundation en hoe die Courageous Girl Project daarop gemik is om jong meisies te bemagtig en te ondersteun. Temieke vertel van die uitdagings wat hulle moes oorkom en die suksesstories wat hulle motiveer om aan te hou werk vir 'n beter toekoms.

Stroom Stories- Hendri Hofmeyr

Description:

Welkom by nog 'n inspirerende episode van Stroom Stories! In vandag se episode gesels ons met Hendri Hofmeyr, 'n dinamiese prediker by Every Nation Faith City, musikant in die rock band One Crown, en suksesvolle entrepreneur met sy besigheid Titan Trailers. Hendri deel sy ongelooflike reis van geloof, musiek, en besigheid, en hoe hy daarin slaag om sy tyd tussen hierdie verskillende rolle te balanseer. Hy gee ook insigte oor die ontstaan en sukses van One Crown, sy liefde vir musiek, en die belangrikheid van geloof in sy lewe. Hierdie episode is vol waardevolle lewenslesse en inspirasie vir almal wat belangstel in geloof, musiek, en entrepreneurskap. Moet dit nie misloop nie!

Stroom Stories- Rugby Raas Ep. 8

Description:

Drikus Viljoen is terug met nog 'n episode van Rugby Raas! In die episode gesels hy met James Proctor en Erigh Davids. James is loskopstut en onderkaptein van die 2de span en Erigh is oopkant flank van die 2de span van Potchefstroom Dorp Rugby Klub. Intressant James is op 39 die - 2de oudste klub speler by Potch Dorp tans. Kom kyk en gesels saam!

Stroom Stories- Die Potch Geesfees

Description:

Ons gesels vandag met Elbe, een van die organiseerders agter die Geesfees, en jy sal beslis nie die onderhoud wil misloop nie! In die episode van Stroom stories deel Elbe alles oor vanjaar se lineup en al die opwindende goed wat by die fees gaan gebeur die jaar. Sy praat ook oor die gemeenskapsprojekte wat die ruggraat vorm van die Geesfees, waar alles begin het, en soveel meer. Die fees gaan nie net oor pret nie, maar dit mik ook om 'n groot verskil in ons gemeenskap te maak. Kom kyk en gesels saam!

Stroom Stories- Rea le Roux

Description:

In hierdie spesiale episode van Stroom Stories sit ons saam met die talentvolle Rea le Roux om haar musiekloopbaan en vroeë lewe te bespreek. Kyk hoe Rea openhartig praat oor haar eerste stappe in die musiekbedryf, die inspirasies agter haar liedjies, en haar bydrae as stigter tot die Afri-Indie Musiektoekennings. Sy deel ook waardevolle insigte oor haar persoonlike groei en die mense wat 'n invloed op haar loopbaan gehad het. Verder gee Rea praktiese raad vir opkomende musikante en vertel van die uitdagings en oorwinnings op haar musikale reis. Of jy nou 'n opkomende musikant is of net lief is vir Afrikaanse musiek, hierdie onderhoud bied iets vir almal.

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
035c03_2458bf672ec84a8ba9efaf95e692ae16~mv2.avif
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
437537042_869865608488120_7118457527164040386_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page