top of page

The Gazette

Appel se vyfsnit mini-album pas uitgereik

Die veelbekroonde liedjieskrywer en sanger Appel het pas sy splinternuwe vyfsnit mini-album, “Genesis”, op alle digitale stroomdienste bekendgestel.


Foto : Coleske Group
Foto : Coleske Group

Twee van die snitte, “Die Boer Hier Binne My” en “Sterre”, is reeds vroeër in Augustus uitgereik en het groot aandag getrek. Nou is die volledige speellys wat uit slegs vyf snitte bestaan vir luisteraars beskikbaar.


Die titelsnit, “Genesis”, is ’n diep persoonlike lied wat Appel se geloofsreis verwoord. “Ek begin elke jaar weer by Genesis... die dag as jy jou paaie kruis met die Here, is dit nie net ’n mooi oomblik nie - dis jou eie begin. En as jy daardie dag regtig raaksien, word die geraas van die wêreld net stiller. Jy en Hy bly oor. Minder van jou, meer van Hom,” verduidelik hy.


’n Lied van Liefde en Verlange

Met “Sterre” keer Appel terug na die vroeë dae van sy liefdesverhaal met sy vrou. “Sy het in die stad gebly en ek op die plaas. Die kilometers tussen ons was lank, maar die hemel was dieselfde. Wanneer ons verlang het, het ons opgekyk na dieselfde sterre en geweet ons is tog naby,” vertel hy.


“Die Boer Hier Binne My” is geïnspireer deur gesprekke met boere en werkers regoor Suid-Afrika. Appel sê: “Ek het gereeld gehoor hoe moeilik dit geword het om iets van nuuts af op te bou, veral in landbou. In daardie konteks het die woorde van Lukas 10:2 my getref: Die oes is groot, maar die arbeiders is min.”


Die Onvoorspelbare “Alice”

Die fokussnit van die kortspeler, “Alice”, bring ’n ander energie. Geïnspireer deur 80’s-rock, beskryf Appel dié lied as die “swartskaap” van die mini-album. “Sy herinner my daaraan dat die lewe nie net gebed en swaar is nie, dis ook energie, chaos en musiek wat mag uitskiet.”


Die musiekvideo, verfilm deur Eric T Graham en Tehan Buys, is ’n nostalgiese terugflits na skooldae – met algebra, ’n te mooi proefjuffrou en stoutgat kinders wat uiteindelik hul plek in die wêreld vind.


Die mini-album word afgerond met “Lemoenkloof”, ’n lied wat Appel as rigtingwyser vir sy kind geskryf het. “Ek onthou daardie aand in die Paarl by ’n gastehuis met rooi bakstene. Ek het in die wind ’n koor gehoor wat ek nie kon ignoreer nie. Twee weke later was daar ’n lied.”


’n Projek vol Hart en Diepte

Met “Genesis” bied Appel ’n unieke balans van geloof, liefde, inspirasie en nostalgie – ’n projek wat sekerlik diep gaan resoneer met sy luisteraars.

Appel - Alice (Amptelike Musiekvideo)


Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page