Baillie Park Tennis Presteer!
- Yolandi Botes

- Oct 28
- 1 min read
🎾🎾🎾🎾🎾🎾🎾🎾🎾🎾
Die jong tennisspelers van Laerskool Baillie Park het dié week behoorlik hul staal gewys tydens die NW Skoleliga-uitspele. Ons O/9A-seuns en -dogters het kragte gemeet teen van die vyf top skole in die provinsie, en het met trots die Baillie-naam hoog gehou!

👦 Seunspan blink uit
Die seuns het uitstekende spel gelewer en ‘n 2de plek behaal, ‘n ongelooflike prestasie vir dié talentvolle jong span!
Spanlede:
Chian Crous
James Havenga
Eckerd Nienaber
Adriaan van Breda
👧 Dogterspan hou sterk stand
Ons dogters het hul beste gegee en 5de geëindig teen stewige kompetisie,‘n puik poging wat wys dat deursettingsvermoë en spanwerk altyd beloon word.
Spanlede:
Téia Els
Carli Scheffer
Wilmè Krugerer
Meah van Zyl
Baie geluk aan al ons spelers! Julle harde werk, sportmangees en toewyding maak ons Baillie-trots! 💛💙








Comments