Callies Rugbytalente Toer in Frankryk
- Yolandi Botes

- 3 days ago
- 1 min read
Hoërskool Carletonville (Callies) is propvol trots oor vyf van sy talentvolle rugbyspelers wat tans in Frankryk toer as deel van die gesogte Blikkies Groenewald O/19-span. Hierdie internasionale toer is 'n bewys van die kaliber rugbytalent wat Callies deurlopend lewer.

Die skool het sy sterkste wense aan die volgende spelers gestuur:
Andru Botha
Leander Oosthuizen
Gideon Raaths
Tiago Caldeira Aguiar
Ryan Rademeyer
Hierdie toer bied 'n wonderlike geleentheid vir die jong atlete om hul vaardighede teen internasionale opposisie te meet, nuwe kulture te ervaar en as spelers sowel as individue te groei.
Afrigting van Uitmuntendheid
Naas die spelers, word Callies ook verteenwoordig op afrigtingsvlak. Die skool wens ook vir Mnr. SP Botha alle sterkte toe in sy rol as afrigter van die span. Mnr. Botha se betrokkenheid by die Blikkies Groenewald-span is ’n erkenning van sy kundigheid en toewyding aan die ontwikkeling van jong rugbytalent.
Die Hoërskool Carletonville het hul vertroue in Mnr. Botha uitgespreek dat hy, soos altyd, homself uitmuntend van sy taak sal kwyt.
Die hele Callies-familie moedig die toerlede aan om elke oomblik te geniet, die geleentheid maksimaal te benut, en trots die skool se naam op die internasionale verhoog te dra.
Veilige reis en geniet die Franse ervaring!









Comments