top of page

The Gazette

Dammit, jy gaan van Chris Steyn se nuwe liedjie hou!

Chris Steyn is terug met nóg ’n enkelsnit wat beloof om luidkeels saamgesing te word. Sy splinternuwe vrystelling, “Dammit Ek’s Lief Vir Jou”, is nou beskikbaar en wys ’n nuwe, meer energieke kant van die gewilde sanger.


Foto : Coleske Groep
Foto : Coleske Groep

Foto Krediet : Hendri Fourie

Met ’n stewige dosis rock, pakkende kitare en ’n refrein wat moeilik uit jou kop verdwyn, is dié liedjie gemaak vir oop paaie, feeste en harde saamsing. “Dammit Ek's Lief Vir Jou” is ’n speelse, eerlike liefdesliedjie wat handel oor daardie oomblik wanneer almal rondom jou weet jy het uiteindelik die regte persoon ontmoet – selfs voordat jy dit self heeltemal besef.


“So ‘Dammit Ek's Lief Vir Jou’ is ’n fun song. Dit is ’n bietjie meer rock as wat my vorige liedjies was, maar ek dink dit gaan vir die mense baie cool wees,” sê Chris. Vir die skryf van die liedjie het Chris kragte saamgesnoer met die gewilde sanger en liedjieskrywer Riaan Benadé en sy eie dromspeler, Ruben Radyn.


Die drie het ’n liedjie geskep wat lig op die oor is, maar steeds ’n opregte boodskap dra. “Dit gaan maar net daaroor dat al die mense wat om jou is en jou goed ken, sal weet wanneer jy die regte een meisie gekry het.”


Die enkelsnit volg op sy vorige vrystelling, “Ek Kom Jou Haal”, wat vroeër vanjaar goed deur aanhangers ontvang is. Hoewel Chris se kenmerkende styl steeds duidelik hoorbaar is, bring “Dammit Ek’s Lief Vir Jou” ’n vars rock-invloed wat sy musikale veelsydigheid verder beklemtoon.


“Ek hoop hulle gaan dit geniet. Soos ek gesê het, dit is ’n bietjie anders as die vorige liedjies.” Saam met die enkelsnit word ook ’n energieke musiekvideo uitgereik. Die video, wat deur Eric T. Graham en Tehan Buys vervaardig is, vang die spontane energie van Chris en sy orkes perfek vas.


Die video is by die gewilde Weiveld Village in Pretoria op die skaatsbaan en padelbane verfilm en het ’n moderne, punk-geïnspireerde aanslag. Deur slim kamerawerk word die gevoel geskep dat die kyker saam met Chris en sy band deur die dag beweeg, amper asof die hele video vanuit ’n “point of view” (POV)-perspektief afspeel.


“Ek en die band het ’n fun tyd gehad toe ons die video geskiet het.” Met “Dammit Ek’s Lief Vir Jou” bewys Chris Steyn weer waarom hy een van die opwindendste jong stemme in Afrikaanse musiek is. Die liedjie kombineer eerlike lirieke, aansteeklike energie en ’n vars rock-klank wat nuwe én bestaande aanhangers beslis gaan laat kopskud.


Chris Steyn - Dammit Ek's Lief Vir Jou (Amptelike Musiekvideo)


Volg Chris Steyn Facebook : Kliek Hier Instagram : Kliek Hier YouTube : Kliek Hier TikTok : Kliek Hier

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page