Die Snowflake Mark Augustus - 1 Augustus
- Amanda Bekker

- Jul 21
- 2 min read
Op Vrydag 1 Augustus en Saterdag 2 Augustus 2025 gaan dinge behoorlik aan die gang wees by Snowflake in Potchefstroom. Dis weer tyd vir die gewilde Snowflake Mark, en soos altyd is daar iets vir almal, van handmade goodies tot lekker eetgoed, en sommer 'n hele paar verrassings tussenin.
Wanneer en Waar?
Die Snowflake Mark vind plaas by 2 Kock Straat, Potchefstroom, reg in die hartjie van die dorp. As jy al ooit daar was, weet jy dis 'n plek met baie karakter, oud, maar vol lewe.
Vrydag 1 Augustus: Maak jou vriende bymekaar en kom inloer vanaf 16:30 tot laat. Dis lekker laatmiddag vibes met liggies, musiek en kos wat jou maag laat grom.
Saterdag 2 Augustus: Dis 'n vroeë begin, 09:00 tot 13:30, perfek vir 'n oggend uitstappie saam met die familie of sommer net ‘n vinnige kuier vir iets spesiaals.
Wat kan jy verwag?
Die slagspreuk sê dit klaar: "Om Goedheid te Ervaar". En dis presies wat jy kry. Die mark spog met:
Handgemaakte produkte wat nie in winkels te kry is nie
Organiese goed vir die gesondheidsbewustes
Kos en drinks vir die honger en dors
Live musiek vir die gees
Kindervermaak vir die kleingoed
Dis nie ‘n plek waar jy net gaan koop nie – dis ‘n experience.
Die Snowflake Mark is nie net ‘n mark nie, dis ‘n community gathering, ‘n lekker kuier en ‘n plek waar jy dalk jou volgende gunsteling koffie beker of vintage jas kry. En as jy net wil kom loer of mense kyk met ‘n pannekoek in die hand, is dit ook reg so.
Potch is reg vir julle. Julle bring net die goeie gesindheid, die res is daar.










Comments