top of page

The Gazette

Potch Geesfees 2025: Ploeg terug, kuier saam

Updated: Aug 4

'n Fees met 'n doel


Potchefstroom se Geesfees keer vanjaar terug vir sy vierde jaar en dis weer tyd om die gemeenskap, goeie musiek, kos en kuiergees te vier. Hierdie jaar se tema is “Ploeg terug!” ’n plan wat in lyn is met die fees se strewe om nie net vermaak te bied nie, maar ook om regtig iets terug te sit in die dorp self.


In die eerste twee jaar het die Geesfees ywerig geld ingesamel vir Solidariteit Helpende Hand se #STOPHONGER-projek. In 2024 het hulle die fokus verskuif na iets nader aan die hart, Potch self. Met die “Verfraai ons dorp”-tema het die fees R120 000 ingesamel wat aan die Potchefstroom Sakekamer geskenk is om plaaslike verbeteringsprojekte te ondersteun. Hierdie poging het hulle selfs ’n toekenning besorg as #ProPotch Ondersteuner van die Jaar.


Wat wag in 2025?

Hierdie jaar is dit weer tyd om in te spring vir die dorp. Potch Geesfees 2025 sal plaasvind op 29 en 30 Augustus by Lekwena Privaat Wildreservaat net buite Potchefstroom. Die belofte is eenvoudig: lekker kuier, baie musiek, kos en hope aktiwiteite vir oud én jonk.


Program hoogtepunte

Vrydag, 29 Augustus

  • 14:00 – Hekke maak oop

  • 16:30 – Janine Oelofse

  • 17:30 – Leah

  • 18:45 – Ivan Roux

  • 20:00 – Juanita du Plessis


Saterdag, 30 Augustus

  • 09:00 – Hekke maak oop

  • 10:00 – Plaaslike sangers

  • 12:00 – ATKV Sangkompetisie

  • 14:15 – Stephan Fourie & Wenner aankondiging

  • 15:00 – Oppi Stoep Dansorkes

  • 16:15 – JP Dix

  • 17:30 – Deon Groot

  • 18:45 – Ruhan du Toit

  • 20:00 – Bok van Blerk


Wat gaan aan behalwe musiek?

  • Dis nie net ’n musiekfees nie. Daar’s ook:

  • Produkte stalletjies en kosstalletjies

  • Boogskiet en gesigverf

  • Koöperasie Kuier Tuin

  • Wynproe en plaaslike sangers

  • Gesinsaktiwiteite en die gewilde ATKV sangkompetisie


Pryse en toegang


Tickets is beskikbaar via Tixsa:

  • Vrydag: Volwasse – R80 | Kinders (6–18) – R40

  • Saterdag: Volwasse – R120 | Kinders – R60

  • Naweekpakket: Volwasse – R185 | Kinders – R65


Kontak en meer info

As jy lus is vir ’n lekker Potch-naweek, waar gemeenskapsgees nie net ’n woord is nie maar iets wat jy voel, is Geesfees 2025 jou stop. Bring jou kampstoel, trek jou vellies aan, en kom ploeter saam.

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
Couldn’t Load Comments
It looks like there was a technical problem. Try reconnecting or refreshing the page.

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page