Pret op wiele in Potchefstroom - 1 November
- Amanda Bekker
- 17 hours ago
- 2 min read
Sonskynhoekie Kleuterskool hou hulle gewilde Fietsry Dag by Haaskraal Tee Tuin buite Potchefstroom, en dit beloof om ’n lekker dag vir die hele gesin te wees. Die aksie skop af op 1 November 2025 om 8 uur die oggend, so maak seker die ketting is gesmeer en die helmet sit reg, want soos hulle sê: “no helmet, no ride.”
Fietsry vir oud en jonk
Daar is iets vir almal, van die kleingoed wat pas kan trap tot die meer avontuurlustige MTB-ryers.
Fietsry MTB:
5 km – R70
10 km – R80
20 km – R100
30 km – R120
Draf Pad:
2 km – R50
5 km – R70
10 km – R80
15 km – R110
Vir die jongspan is daar ook korter roetes:
500 m – 5 jaar oud – R40
1 km – 6 jaar oud – R50
2 km – 7 jaar oud – R60
En ja, elkeen kry natuurlik ’n medalje en ’n sertifikaat vir hulle harde werk, dis mos net reg.
Bring almal saam
Dis nie net oor die trap of draf nie; dis oor die kuier ook. Die kleuterskool nooi almal uit om saam die dag te geniet, met koffie, kuier en seker ’n bietjie stof. Of jy nou kom ry, kom hardloop of net kom kyk, daar sal genoeg te lag en te praat wees.
Belangrike inligting
Datum: 1 November 2025
Tyd: Begin 08:00
Plek: Plot 36, 4de Laan, Haaskraal, Potchefstroom, 2520
Kontak:
Christelle – 082 570 5157
Henrehette – 081 880 6862
Die skool herinner almal dat deelname op eie risiko is, en sonder ’n helmet, is daar ongelukkig geen rit nie. Dis maar die reël, en waarskynlik die rede hoekom almal aan die einde van die dag nog glimlag.

Comments