top of page

The Gazette

Rooy Food Market November

Die Rooy Food Market maak op Sondag 30 November 2025 weer sy opwagting in Potchefstroom, en dié keer bring hulle sommer ’n hele Kersfees vibe saam. Dis die soort mark waar mens jou Sondag kan begin met goeie kos, ’n bietjie kuier, en heel waarskynlik meer inkopies as wat jy beplan het. Maar dis mos hoe dit gaan.


Wanneer en waar

Die mark vind plaas by Van Rooyen Hall in Piet Bosmanstraat, en die deure is oop van 10:00 tot 15:00. Dis lekker naby vir meeste Potch-inwoners, en met gratis toegang is daar geen verskoning om nie te kom nie.


Wat om te verwag

Organiseerders sê elke uitstaller gaan ’n Kersfees-element in hul stalletjie hê. Mens kan dus verwag dat daar heelwat tinsel, fairy lights en daai “ons is klaar oor die jaar”-energie in die lug gaan wees.


Die mark self bly egter dieselfde bekende mix:

  • artisan kos

  • lekkernye en treats

  • kaas en vleis

  • handwerk

  • live music

  • en natuurlik die gewilde car boot sale, waar jy altyd iets onverwags in iemand se kattebak optel.


Dis basies die plek waar niemand met leë hande huis toe gaan nie, al was dit nie deel van die plan nie.


Wil jy ’n stalletjie bespreek?

Uitstallers word aangemoedig om vroeg te bespreek, want soos altyd raak plek vinnig vol. Die oproep is kort en kragtig: “Bespreek nou jou stalletjie!”

Vir enige navrae kan belangstellendes Tania kontak by 079-918-2092


Die Rooy Food Market is een van daardie Sondag-gebeurtenisse waar mens sommer per ongeluk langer bly as beplan. Dit is gemaklik, plaaslik en baie Potch. En as daar een ding is wat Potch mense doen, is dit om op te daag vir kos en kuier. So maak maar ’n knoop in jou oor,hierdie een is die moeite werd.

ree

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2024

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: theguy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
WhatsApp Image 2024-07-19 at 12.28.51.jpeg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
Untitled design (23).png
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
414474461_779812977493972_2731317494775231884_n.jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page