Volkies-hokkiespelers gekies vir Noordwes-spanne
- Yolandi Botes
- May 7
- 1 min read
🏑✨🏑✨🏑✨🏑✨🏑✨
Hoërskool Volkskool Potchefstroom ("Volkies") se hokkiespelers maak reg vir die nasionale toernooie nadat hulle onlangs gekies is om Noordwes te verteenwoordig. Die toernooie vind plaas gedurende die Junie- en Julie-skoolvakansie.

Dogters wys hulle staal 💪
Drie meisies van Volkies het hulle plekke in die Noordwes A-spanne losgeslaan:
Wencke Peters – Noordwes o.18 A-span
Zanerie Rohlandt – Noordwes o.18 A-span
Maré Coetzee – Noordwes o.16 A-span

Seuns gereed vir aksie 🔥
Die seuns van Volkies staan ook nie terug nie. Hulle sal Noordwes in verskillende ouderdomsgroepe gaan verteenwoordig:
Pieter Pretorius – Noordwes o.18 A-span
Suresh Adams – Noordwes o.14 A-span
Lucian Jackson – Noordwes o.14 A-span
Trots op ons spelers 🙌
Die Potchefstroom-gemeenskap en die hele Volkies-familie wens hierdie spelers alle sukses toe tydens die nasionale toernooie. Hulle het reeds bewys hulle is reg vir die uitdaging!
Ons sal beslis hulle vordering volg en hulle van harte ondersteun.
Comments