Volkies Trap Vir ’n Toekoms!
- Yolandi Botes

- Nov 11
- 1 min read
🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️🚴♂️
🌟 Spinathon Skenking aan Solidariteit Helpende Hand
Volkies Potch het onlangs geskiedenis gemaak met hul eerste ooit “Spinathon”, ’n energieke fondsinsameling vol gees, sweet en groot harte! Hierdie unieke inisiatief is nie net goed ontvang deur ons skoolgemeenskap nie, maar het ook ’n merkwaardige kontantskenking aan Solidariteit Helpende Hand se Gemeenskapstudiefonds opgelewer. 🎉
Die amptelike oorhandiging van die fondse was ’n spesiale oomblik waar Volkies gewys het wat dit beteken om as ‘n skoolgemeenskap saam te staan vir ’n betekenisvolle saak. Hierdie bydrae gaan help om hoop en geleenthede te bring aan studente wat finansiële ondersteuning nodig het.

❤️ Dankie aan elke trapper!
Ons spreek ons opregte dankbaarheid uit teenoor:
Alle besighede en borge wat met oop hande gegee het,
Die volksgenote, ouers en leerders wat saam getrap het,
En natuurlik ons organiseerders en personeel wat hierdie droom moontlik gemaak het.
Volkies sien uit daarna om die Spinathon as ’n jaarlikse tradisie voort te sit, want as ons saam trap, maak ons ’n verskil! 💪









Comments