top of page
Stroom Stories
The Go-To Guy bied aan: Potch Social by die VARSmark Deel 2
Description:
The Go-To Guy bied aan: Potch Social by die VARSmark Deel 2 🌟
In hierdie opwindende tweede deel van ons besoek aan die VARSmark, neem Drikus Viljoen ons op 'n toer deur nog meer unieke stalletjies!
Kom kyk saam hoe hy gesels met die verkopers van Boba Bubble Tea wat heerlike boba tea aanbied, Veld Burgers wat vars vleis en smaaklike burgers verkoop, en die Spookasem-stalletjie wat die kinders betower.
Hy ontmoet ook Taste Buddies wat tuisgemaakte pasteie en sop verkoop, Anneke wat haar eie pannekoekstalletjie begin het (regte entrepreneurskap op 'n jong ouderdom!), en Magen Coffees wat spesialiteitskoffie verkoop. Moenie hierdie lekker video misloop nie!
The Go-To Guy bied aan: Stroom Stories met Mosaic Community Developments
Description:
The Go-To Guy bied aan: Stroom Stories met Mosaic Community Developments
In hierdie episode gesels ons met Carien Möller, die Hoof van Kommunikasie en HR by Mosaic Community Developments NPC. Carien deel meer oor die werk wat Mosaic doen om gemeenskappe te ontwikkel en te versterk. Sy verduidelik hoe Mosaic 'n verskil maak deur projekte wat fokus op sosiale ontwikkeling en die verbetering van lewenskwaliteit in gemeenskappe. Moet hierdie inspirerende gesprek nie misloop nie!
The Go-To Guy bied aan Rugby Raas Ep. 14
Description:
Sluit aan by Drikus Viljoen vir 'n opwindende episode met spesiale gaste Matthew Proudfoot en Chris Erasmus.
Matthew Proudfoot is 'n legendariese rugbyafrigter en voormalige speler wat Skotland verteenwoordig het. Hy is tans die Hoofafrigter van die Luiperds Rugby Unie en het 'n indrukwekkende loopbaan gehad as assistentafrigter van die Springbokke, waar hy in 2019 die Wêreldbeker gewen het. Hy was ook voorspelersafrigter vir Engeland en het by Namibië aangesluit as voorspelersafrigter vir die 2023 Rugby Wêreldbeker.
Saam met Matthew, sluit Chris Erasmus, assistent Agterspeler-afrigter van die Luiperds, aan vir 'n diepgaande gesprek oor hul ervarings en insigte in die wêreld van rugby.
Moet dit nie misloop nie!
The Go-To Guy bied aan Spiritual Talk Ep. 4
Description:
The Go-To Guy bied met trots Episode 4 van Spiritual Talk aan!
In hierdie episode gesels PD Conradie met Hendri Hofmeyer oor dieper geestelike insigte en temas wat relevant is vir elkeen van ons. Hendri, met sy passie vir geloof en bediening, deel sy ervarings en wyshede oor hoe om sterker in jou geestelike lewe te staan, selfs te midde van uitdagings. Moet dit nie misloop nie – hierdie gesprek sal jou inspireer en jou laat nadink oor jou eie geestelike reis.
The Go-To Guy se Stroom Stories met Panthers Netbal Klub.
Description:
The Go-To Guy bied aan Stroom Stories met Panthers Netbal Klub.
Vandag gesels ons met Heleen Humpel, die stigter, afrigter en speler van Panthers Netball Club in Potchefstroom. Sy deel met ons haar passie vir netbal, die ontstaan van die Panthers, en hoe sy die klub op die pad na sukses lei. Heleen vertel ook hoe sy self by netbal betrokke geraak het en wat haar dryf om die Panthers steeds na nuwe hoogtes te neem.
Kom Praat en luister saam!
Stroom Stories- Rugby Raas Ep. 13
Description:
Op episode 13 van Rugby Raas op Stroom Stories gaan Drikus Viljoen gesels met Ferdi Joubert die 3rde span afrigter van Potch Dorp Rugby Klub asook die kroeg bestuurder van De Leekuil van Potch Dorp.
Hulle gaan gesels oor die afrigterskap by die 3rde span asook meer vertel van De Leeukuil. Kom luister saam!
The Go-To Guy bied aan: Potch Social by die Vars Mark Deel 1
Description:
The Go-To Guy bied aan: Potch Social by die Vars Mark 🌻
In hierdie episode neem Drikus Viljoen ons na die Potchefstroom Vars Mark, wat elke Saterdag tot 13:00 plaasvind. Hy wys ons hoe dit daar lyk en gesels met verskeie verkopers wat alles verkoop van vars vleis en groente tot saad en handgemaakte boereseep. Kyk saam om die plaaslike mark se lewendige atmosfeer te beleef en meer te leer oor die unieke produkte wat hier beskikbaar is!
The Go-To Guy presents: Stroom Stories with Onalenna Constantin
Description:
In this inspiring episode, we sit down with Onalenna Constantin, who was crowned 2nd runner up in Miss South Africa. Hosted by Johane van Dyk, this interview explores Onalenna’s journey to success, her experiences in the competition, and what the future holds for her. Tune in for a conversation filled with motivation and insights that you won’t want to miss!
The Go-To Guy bied aan Stroom Stories met Oppi-Stoep Dansorkes
Description:
In hierdie episode gesels ons met Murray Deacon, die talentvolle dromspeler en perkussionis van die Oppi-Stoep Dansorkes. Kom luister saam soos hy meer vertel oor die oorsprong van die orkes, hulle unieke styl van boeremusiek, en wat dit vir hulle beteken om plaaslike kunstenaars van Potchefstroom te wees.
Die Oppi-Stoep Dansorkes gaan volgende Saterdag 11:30 by Potch Geesfees optree, moet dit nie misloop nie!
Stroom Stories- Laerskool ML Fick Opedag Deel 1
Description:
Potch Social met Drikus Viljoen - Deel 1 van Laerskool M.L. Fick se Opedag!
In hierdie eerste deel van die opedag, wat op Saterdag 17 Augustus plaasgevind het, wys Drikus wat alles in die voorportaal aan die gang is en neem ons op 'n toer deur die verskillende stalletjies. Hy gesels ook met 'n paar onderwysers en wys van die pragtige kunswerke wat die kinders gemaak het.
Hou dop vir die volgende dele van die opedag wat oor die volgende paar dae gepost sal word!
Stroom Stories- Annette Engelbrecht
Description:
In vandag se episode van Stroom Stories gesels Anjanette met haar ouma, Annette Engelbrecht, wat al 62 jaar in Potchefstroom woon. Hulle bespreek haar lewensverhaal en hoe Potchefstroom oor die jare ontwikkel het. Kom luister saam na hierdie waardevolle herinneringe en insigte oor die groei en veranderinge in die dorp wat sy haar tuiste noem.
bottom of page





