Agri @ Potch Geesfees 2026: Bring die Dorp Plaas Toe!
- Charlene Bekker

- 10 minutes ago
- 2 min read
Die gewilde Potch Geesfees brei vanjaar sy horisonne uit met ’n splinternuwe, omvattende landbou-afdeling: Agri @ Potch Geesfees 2026. Onder die insiggewende tema "Ploeg Terug!" en die leus "Bring die dorp plaas toe!" word boere, landboukundiges, gesinne en dorpsgenote uitgenooi om die passie, innovasie en trots van die plaaslike landboubedryf te kom beleef op die skilderagtige terrein van Lekwena Privaat Wildreservaat.

Key Event Details:
Datum: 28 & 29 Augustus 2026
Plek: Lekwena Privaat Wildreservaat, Potchefstroom
Toegang: GRATIS toegang tot die hele Agri-terrein (geen toegangsgeld)
Webwerf: www.geesfeespotch.co.za
🌟 Hoogtepunte van die Agri-Program
1. InteliGro Ledelokaal Program
Vrydag, 28 Augustus 2026
08:00 – Hekke open
09:00 – 12:00 – Jou toekoms in Landbou: "Meer as net boer – 'n wêreld vol geleenthede"
14:30 – Paneelgesprek: "Die Besigheid in volhoubare Landbou – Diversifisering, vennootskappe en groei binne 'n veranderende wêreld"
16:00 – Adam Tas (Gratis vertoning op die terrein)
Saterdag, 29 Augustus 2026
08:00 – Hekke open
09:00 – Boer met moed (Damesgesprek): "Vroue wat dra"
10:30 – Moed vir môre: "Geloof, Groei & Volhard"
13:00 – Oppistoep Dansorkes (Tradisionele & opgewekte boeremusiek)
2. Aktiwiteite & Lewendehawe op Terrein
🏇 Barrel Racing (Vatrenne): Vrydag vanaf 13:00 en Saterdag vanaf 09:00.
🐂 Lewendehawe: Verskeie beesrasse (met die diere op die skou), asook skape, bokke en wild.
🚜 Top Agri-Uitstallers: Kom ontmoet die kenners uit die bedryf.
Uitstallers en Bedryfsektore:
Meganisasie & Grondslyt
Grondgesondheid & Bemarking
Saad & Chemie
Brandstof, Vlootbestuur & Smeermiddels
Landbou Bemarking
Dierevoeding & Dieregesondheid
Klerasie & Werksplek-veiligheid
Hantering & Heinings
Gereedskap & Toerusting
Bestuur en Administrasie
Sekuriteit & Monitering
Tersiêre Onderrig & Opleiding
Besproeiing & Pype
🤝 Vennote en Borge
Die Agri-afdeling word moontlik gemaak deur die ondersteuning van:
InteliGro (Intelligent Crop Solutions)
Potchefstroom Akkerbou Studiegroep
Potchefstroom Boerevereniging
Mooirivier Studiegroep




Comments