Gian Groen en Illimar Neitz kom kuier by Loop St - 25 Julie
- Amanda Bekker

- Jul 7
- 2 min read
Potch maak gereed vir ‘n lekker musiekkuier op 25 Julie
Potchefstroomers en musiekliefhebbers van reg oor die Noordwes moet hulle kalenders nou al uitpak. Vrydag 25 Julie 2025 is dit tyd om jou koue voete warm te skud met ‘n aand van Afrikaanse musiek en kuier by Loop St, reg in die hart van Potch.
Wat jy moet weet
📍 Venue: Loop St, 37 Loopstraat, Potchefstroom
📅 Datum: Vrydag 25 Julie 2025
🕕 Tyd: Deure maak 18:00 oop
💵 Kaartjies: R220 per persoon
🎟️ Bespreek: WhatsApp Riaan by 082 571 8557
🌐 Meer info: Loop op Facebook
Die musiek: Van Spinnekop tot Stiltetyd
Gian Groen, oud-lid van die legendariese “Spinnekop”, is terug op die verhoog, maar nie heeltemal soos jy hom onthou nie. Weg is die harde kitaar-riffs en growwe rock vibes. In sy nuwe album Stiltetyd wys Gian sy sagte kant. Dis klaviergedrewe, bietjie akkoesties, en eerlikwaar perfek vir ‘n wyn-en-gesels vibe. Dis nie net ‘n nuwe album nie, dis ‘n nuwe Gian.
Gian sê self hy het sy "nichè" gevind in die Afrikaanse musiekmark. Die man wat groot geword het op Anton Goosen, Koos Kombuis en later Valiant Swart, bring nou 12 rustige ballades, waarvan 10 uit sy eie pen is. En vir bietjie nostalgie? Daar’s ‘n Lucas Maree tribute song Die tyd stap aan, plus ‘n Valiant Swart cover vir die flair.
Wie’s Illimar Neitz?
Saam met Gian klim Illimar Neitz ook op die verhoog. Vir dié wat hom nie ken nie, hy’s beslis iemand om dop te hou. Hierdie kombinasie van ouer garde en vars klanke gaan sorg vir ‘n goed gebalanseerde aand, soos goeie biltong en ‘n koue Castle.
Intiem, akoesties, en heel moontlik met ‘n bietjie lag
Gian doen nie net volband gigs nie, dis ook die kleiner, intieme plekke wat hom aantrek. Hierdie aand by Loop St gaan daai soort vibe hê: nie flashy nie, maar warm en eg. Jy’s nie net ‘n nommer in die crowd nie, jy’s deel van die geselskap.
As jy hou van goeie musiek, ‘n lekker kuier en mense wat nie ‘n show aframmel net vir die geld nie, maar werklik iets het om te sê, is Loop St die plek om te wees Vrydag 25 Julie. Bring jou mense. Hulle bring die musiek. Sounds like a fair deal.










Comments