top of page

The Gazette

Lisie Basson gee stem aan langafstandliefde met haar nuwe enkelsnit

Met haar splinternuwe enkelsnit, “Vêr Vry”, lewer die opkomende Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Lisie Basson ’n eerlike en emosionele huldeblyk aan die uitdagings én belonings van langafstandverhoudings.

Foto : Coleske Groep
Foto : Coleske Groep

Vir Lisie is hierdie vrystelling besonder persoonlik. Anders as met vorige projekte, het sy doelbewus alle druk opsy geskuif en eenvoudig haar hart gevolg. “Hierdie keer het ek geen druk op myself gesit nie. Ek het net gedoen wat reg gevoel het in die oomblik, en ek dink dit maak hierdie liedjie soveel meer eg.”


“Vêr Vry” vertel die verhaal van paartjies wat kilometers van mekaar geskei word, maar steeds kies om vas te hou aan liefde omdat hulle weet die wagtyd is net tydelik. Die liedjie herinner luisteraars dat moeilike seisoene die moeite werd is wanneer dit uiteindelik lei tot ’n lewe saam.


Die inspirasie vir die liedjie het op ’n baie natuurlike manier ontstaan ná ’n telefoongesprek met ’n vriendin wat moedeloos was omdat sy “vêr vry”. Daardie eenvoudige uitdrukking het onmiddellik by Lisie vasgesteek en die liedjie het daaruit begin vorm aanneem.


“Vêr vry” is ’n bekende Afrikaanse uitdrukking wat dikwels deur ouer geslagte gebruik word, en juis daarom wou Lisie dit nuwe lewe gee. Sy glo daar is duisende mense wat hulself in

dieselfde situasie bevind en hoop die liedjie bied vir hulle vertroosting en perspektief.


“Ek wil hê mense moet weer onthou hoekom hulle vêr vry. Dit is dalk nou moeilik, maar die beloning om eendag saam met daardie persoon te wees, maak alles die moeite werd.”


Hoewel die liedjie spesifiek aanklank sal vind by mense in langafstandverhoudings, glo Lisie dat die tema van hoop, deursettingsvermoë en liefde universeel is. “Gelukkig het ek hierdie keer nie gewonder of mense daarvan gaan hou nie,” sê sy. “Ek glo die liedjie sal sy pad vind na die mense wat dit op daardie oomblik nodig het.”


Die enkelsnit is vervaardig deur die talentvolle vervaardiger Olly Vans, met wie Lisie vir die eerste keer saamgewerk het. “Olly is ongelooflik goed in wat hy doen. Ek glo hy gaan nog groot dinge in die musiekbedryf bereik en ek sien reeds uit na ons volgende projek saam.”


Saam met die vrystelling word daar ook ’n musiekvideo bekendgestel wat die tema van reis en afstand visueel uitbeeld. Die video bestaan hoofsaaklik uit dinamiese “performance”-tonele waarin Lisie voortdurend onderweg is – ’n simboliese voorstelling van die kilometers wat baie paartjies aflê om by mekaar uit te kom.


Die musiekvideo is ook ’n belangrike mylpaal in Lisie se loopbaan. Ná haar besluit om as onafhanklike kunstenaar voort te gaan, het sy die uitdaging aangepak om self die video te regisseer én te redigeer.


“Ek het alles self aangepak en sommer langs die pad geleer. Dit was ’n ongelooflike ervaring.” Sy beklemtoon egter dat die projek nie moontlik sou wees sonder Milla Coetzee, wat die videografie behartig en haar kreatiewe visie bygedra het, en Johan Basson, wat agter die skerms gehelp het met logistiek en ondersteuning tydens die verfilming.


Met “Vêr Vry” bewys Lisie Basson dat die mooiste liedjies dikwels uit die eenvoudigste oomblikke ontstaan. Dit is ’n opregte herinnering dat ware liefde nie deur afstand gemeet word nie, maar deur die bereidwilligheid om vir mekaar te wag. Lisie Basson - Vêr Vry (Amptelike Musiekvideo)



Volg Lisie Basson Facebook : Kliek Hier Instagram : Kliek Hier TikTok : Kliek Hier YouTube : Kliek Hier

Comments

Rated 0 out of 5 stars.
No ratings yet

Add a rating

Our Socials

  • Twitter
  • Youtube
  • Instagram
  • Facebook
  • TikTok

Rights Reserved - The Go-To Guy © ™ (Pty) Ltd 2018 - 2026

Site design and built by Digital Guy

Trademarks Registered CIPC 

Download Our App

google-play-badge-zc_edited_edited_edite

Contact Us: 

guy@thegotoguy.co.za

Mia meent, Unit 5

17a Palmiet Street, Potchefstroom

Proudly Supporting

437534739_949282600536083_5430138278526729757_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (1).png
480508683_613349784788292_687399541913790447_n.jpg

A Few of Our Clients

WhatsApp Image 2024-11-27 at 09.28.30.jpeg
462851564_122176550930146076_5897628943819649802_n.jpg
369731994_707654494713529_3891009674814759362_n.jpg
438173397_853872976759746_4868760365258440028_n.jpg
328944114_494721249527544_808944456258605501_n (1).jpg
464089070_1055669206348560_5104816180158623830_n.jpg
378890902_217177861350232_4639266243132568662_n (1).jpg
360157162_763917828863271_4926442861230007361_n.jpg
326134127_1115296055820979_3465257108086407162_n (1).jpg
WhatsApp Image 2025-06-19 at 14.18.02.jpeg
305575021_489423449860897_35481771562383
365626055_697893672359203_3798341232106295039_n.jpg
289627124_437869745011710_8405690850303357096_n.jpg
574454283_122093287503106135_1417410876318841312_n.jpg
Copy of Copy of Dark Blue Minimalist Rugby Match Instagram Post (2).png
301963526_491307046333575_4220339095931269264_n.png
420200119_10161581655332603_8341872840245886307_n.jpg
301115582_2022615814592943_5205340550469896770_n (1).jpg
bottom of page